Gaan na inhoud

Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 714 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 129 174. Dus verskyn een uit elke 180 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.


Nuwe toevoegings

'n Uitsig op Bloemfontein vanaf Naval Hill.

Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse Vrystaatprovinsie en die land se sesde grootste stad. Dit is sedert 1910 (as die geregtelike hoofstad) een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika. Die ander twee hoofstede is Kaapstad (die wetgewende hoofstad) en Pretoria (die uitvoerende hoofstad). Suid-Afrika se hoogste hof, die Konstitusionele Hof, is egter sedert 1994 in Johannesburg gesetel. Bloemfontein staan informeel as Bloem bekend en word in Suid-Sotho Mangaung ("plek van die jagluiperde") genoem en deur die Griekwas ǀʼAuxa ǃXās. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het in 2021 'n bevolking van sowat 528 000. Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, waarvan dit deel is, het 'n bevolking van 747 431. Bloemfontein lê op 'n hoogte van 1 395 m bo seevlak.Sedert 2023 dien Gregory Nthatisi van die African National Congress (ANC) as uitvoerende burgemeester van Bloemfontein en omstreke.

Bloemfontein lê in die hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum, bo-op Naval Hill. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag en die voormalige Rosefees bekend en het die bynaam Rosestad. Die stad is geleë in die middel van die land, waarvolgens dit ook "Sentraal-Suid-Afrika" genoem word.

Die stad het sy oorsprong in 'n Britse fort en nedersetting wat in 1846 deur majoor Henry Douglas Warden in die destydse Transoranje-streek gevestig is. Dit het vervolgens as administratiewe setel van die Britse kolonie Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) en die onafhanklike Boererepubliek Oranje-Vrystaat gedien wat in 1854 gestig is. Tussen Mei en Junie 1899 is die historiese Bloemfontein-konferensie hier gehou as 'n laaste vergeefse poging om 'n militêre konflik tussen die destydse Boererepublieke en die Britse Ryk te vermy. In die 20ste eeu het Bloemfontein tot die geografiese spilpunt van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk ontwikkel. Sowat 160 km noordoos van Bloemfontein het 'n groot ekonomiese opswaai van 1948 af met die ontginning van die Vrystaatse Goudveld begin. Later, van 1962 af, het die gebied sentraal gestaan in die verwesenliking van die Oranjerivierprojek met sy waterkragsentrales en besproeiingskemas.

Vandag is Bloemfontein 'n moderne stad met wolkekrabbers, winkelsentrums en restaurante; en die Sand du Plessis-teater as een van sy kenmerkendste argitektoniese besienswaardighede. Tegelykertyd het Bloemfontein sy kulturele erfenis bewaar en die stad spog met pragtige historiese geboue soos die Raadsaal, een van die mooistes in Suid-Afrika. In die stad is die Hoogste Hof van Appèl, Franklin-wildreservaat, Naval Hill, Maselspoort-ontspanningsoord en die Sand du Plessis-teaterkompleks geleë. Die stad beskik ook oor 'n aantal museums, waaronder die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, die Nasionale Vrouemonument, die Anglo-Boereoorlogmuseum, die Nasionale Museum en die Oliewenhuis Kunsmuseum. Bloemfontein spog ook met die eerste digitale planetarium in die Suidelike Halfrond, die Lamont-Hussey- en die Boydensterrewag.

...lees verder
Die Suid-Afrikaanse Shaun Pollock boul na die Australiese Michael Hussey tydens die Welwillendheidsdag 2005 op die Melbourne-krieketveld.

Krieket is ’n boul-en-kolf-, asook spansport wat gespeel word tussen twee spanne met elf spelers elk op ’n krieketveld met ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) in die middel met paaltjies aan weerskante wat bestaan uit twee dwarsbalkies op drie houtpenne. Twee spelers van die kolfspan, die aktiewe en onaktiewe kolwer, staan elk met ’n kolf in hulle hande voor elke paaltjie, terwyl ’n speler van die veldwerkspan, die bouler, die bal van die teenoorliggende kant van die kolfblad na die aktiewe kolwer se paaltjies boul. Die aktiewe kolwer probeer die geboulde bal met sy kolf slaan en ruil dan sy plek met die onaktiewe kolwer om, waarby die kolfspan met elkeen van dié bewegings ’n lopie aanteken. Lopies word ook aangeteken wanneer die bal die veldgrens raak of wanneer die bal onwettig geboul word.

Die veldwerkerspan probeer lopies voorkom deur die kolwers uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). ’n Uitskakeling kan op verskeie maniere behaal word, waaronder uitgeboul, wanneer ’n geboulde bal ’n paaltjie tref en die dwarsbalkies afval, wanneer die veldwerkspan ’n geslane bal vang voordat dit die grond raak, of om die paaltjies met ’n bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjies bereik het om ’n lopie aan te teken. Sodra tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Tradisioneel speel krieketspelers in ’n volledige wit uitrusting, maar in korter formate dra hulle klub- of spankleure. Bykomend tot die gewone uitrusting dra sommige spelers beskermende uitrusting om moontlike beserings te verhoed deur die bal, ’n harde, soliede sferoïed, gemaak van saamgeperste leer met ’n effens verhewe toegewerkte naat uit ’n styf gewikkelde tou wat ’n kurkkern omsluit. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde. Krieketformate sluit in tradisionele toetswedstryde wat oor vyf dae gespeel word, internasionale eendagwedstryde (EDI) oor 50 boulbeurte oftewel een dag, tot Twintig20 (T20), met elke span wat vir 20 boulbeurte kolf (elke boulbeurt bestaan uit ses wettiglik geboulde balle wat die kolfspan die geleentheid bied om lopies aan te teken) en ’n wedstryd wat gewoonlik drie uur neem.

Die vroegste bekende verwysing na krieket dateer uit die middel-16de eeu in Suidoos-Engeland. Dit het met die uitbreiding van die Britse Ryk wêreldwyd versprei, met die eerste internasionale wedstryde wat in die tweede helfte van die 19de eeu gespeel is. Die sport se beheerliggaam is die Internasionale Krieketraad (IKR), wat in 1909 gestig is en nou meer as ’n 100 lede het, waarvan twaalf volle lede toetswedstryde mag speel. Die speelreëls, die krieketwette, word deur die Marylebone-krieketklub (MKK) in Londen behartig. Die sport is veral in Suid-Asië, Australasië, die Verenigde Koninkryk, Suider-Afrika en Wes-Indië gewild. Krieketwêreldbekertoernooie is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel, maar ook T20I-wêreldbekertoernooie en Kampioenetrofeë geniet ’n groot ondersteuning. Hoewel krieket in die verlede veral deur mans beoefen is, het vrouekrieket in die 21ste eeu aansienlik gegroei met beide Vrouekrieketwêreldbeker- en T20I-vrouewêreldbekertoernooie wat nou ook groot skare lok.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan
Japan

Aarde - Alabama - Alaska - Alexandrië - Alpe - Amsterdam - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bloemfontein - Bordeaux - Botswana - Brandenburg - Brasilië - Bredasdorp - Bremen - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Ethiopië - Faroëreilande - Finland - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Gqeberha - Hamburg - Harlem - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Italië - Japan - Johannesburg - Kaaimanseilande - Kaapse Plooigordel - Kaapstad - Kalifornië - Kaliningrad - Kambodja - Kamtsjatka-skiereiland - Kanada - Kasakstan - Keulen - Kimberley - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Letland - Libië - Litaue - Londen - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Miami - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nederland - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noord-Masedonië - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Oostenryk - Paaseiland - Papoea-Nieu-Guinee - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Portugal - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Republiek China - Réunion - Reykjavik - Riga - Rio de Janeiro - Roemenië - Rusland - Sachalin - São Paulo - Seegolf - Senegal - Shanghai - Siberië - Singapoer - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Spanje - Straatsburg - Suid-Afrika - Suid-Korea - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tafelberg - Tahiti - Thailand - Tirus - Tornado - Treviso - Tsjeggië - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Venesië - Verenigde Koninkryk - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Vulkaan - Waalse Gewes - Wallis - Warskou - Washington, D.C. - Wes-Australië - Windhoek - Ysland - Zambië - Zürich


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog
Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

2de eeu v.C. - 8,8 cm-Flak 18/36/37/41 - Akkadiese Ryk - Alcatraz-gevangenis - Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Antieke Hawaii - Apartheid - Asjantiryk - Assirië - Berlynse Lugbrug - Bloedlaster - Boeing B-17 Flying Fortress - Boerekrygsgevangenes - Centurion - Cetshwayo kaMpande - Charles III van die Verenigde Koninkryk - Choefoe - Cicero - Cité de Carcassonne - Cleopatra VII - Consolidated B-24 Liberator - Djengis Khan - Dodetempel van Hatsjepsoet - Dooie See-rolle - Duitse Demokratiese Republiek - Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk - Etruskers - Fenisië - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - George V van die Verenigde Koninkryk - Geskiedenis van Spanje - Goelag - Groot Sfinks van Giza - Groot Trek - Grootvorstedom Moskou - Heinz Guderian - Helios - Hetiete - Homeros - Hongaarse Rewolusie van 1956 - Indusvalleibeskawing - Iwan die Verskriklike - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Jura - Kanaän - Kathaar - Khmer-ryk - Kiëf-Roes - Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk - Koninkryk Juda - Kosakke - Koue Oorlog - Koesj - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Kwartêre Ystydperk - Legendariese Sweedse konings - Li Bai - Memphis - Mesopotamië - Middeleeuse kookkuns - Militêre geskiedenis van Suid-Afrika - Mongoolse Ryk - Bernard Montgomery - Moord op die Romanofs - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Natalse Regeringspoorweë - Neanderdaller - Nebukadnesar II - Neolitiese Omwenteling - Nikolaas II van Rusland - Nineve - Nyabêla - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Paleolitikum - Palmyra - Partiese Ryk - Perikles - Pieter I van Rusland - Pitia - Plinius die ouere - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Rosettasteen - Russies-Japannese Oorlog - Russiese Rewolusie 1917 - Sargon van Akkad - William Philip Schreiner - Seerowery - Sesdaagse Oorlog - Sherman Firefly - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Sowjetunie - Hendrik Spoorbek - Stonewall-onluste - Hans Strijdom - Suid-Afrikaanse Grensoorlog - Suid-Afrikaanse Lugmag - Helen Suzman - Terracottaleër - Tiger I-tenk - Tiglat-Pileser III - Toetankamen - Trojaanse Oorlog - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - USS Franklin (CV-13) - USS Maryland (BB-46) - Vallei van die Konings - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Vlad Dracula - Voorlaaier - Wêreldgeskiedenis - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

'n Glas rooiwyn
'n Glas rooiwyn

3D-rolprent - Afrikaanse kerkbou in die Karoo - Alter Bridge - Androginie - Antinoös - Hennie Aucamp - Chris Barnard - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Bewussyn - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Breyten Breytenbach - André P. Brink - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Joachim Nikolaus von Dessin - Marie Koopmans-de Wet - Reza de Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Eleusiniese misterieë - Fietsryrewolusie - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Hiernamaals - Hindoeïsme - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jannie Hofmeyr - Anthony Hopkins - Interseks - Islamitiese seksualiteitswette - Jode in Suid-Afrika - Ingrid Jonker - Elsa Joubert - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Uys Krige - Kruiskleding - C. Louis Leipoldt - Etienne Leroux - N.P. van Wyk Louw - Mabel Malherbe - Charles Manson - Maori-kultuur - Eugène Marais - Johannes Meintjes - Georges Méliès - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Oosters-Ortodokse Kerk - D.J. Opperman - Ougelowiges - Outisme - Paryse Metro - Pasta - Plafon van die Sixtynse kapel - Wladimir Poetin - Posseël - Dirk Postma - Ptolemeus - Jan Rabie - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Maria Elizabeth Rothmann - Jean-Jacques Rousseau - SACS - Satan - Arnold Schoenberg - Seks - Seksualiteit in antieke Rome - Seksuele oriëntasie - Sider - Sisiliaanse Mafia - Slawiese mitologie - Dan Sleigh - Sodiakmoordenaar - Speelkaart - Meryl Streep - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Swastika - Tarotwaarsêery‎ - Tatoeëermerk - Elizabeth Taylor - Anton Tsjechof - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vermaak - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Belarus - Vlag van België - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van Denemarke - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Republiek China - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Duitsland - Vlag van Estland - Vlag van Europa - Vlag van Finland - Vlag van Frankryk - Vlag van Georgië - Vlag van Hongkong - Vlag van Indië - Vlag van Israel - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Namibië - Vlag van Nederland - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Noorweë - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Vlag van Suid-Korea - Mary Walker - Webjoernaal - Westerse filosofie - Wyn - Wysheid


Sport

'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër
'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Belgiese nasionale rugbyspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Brasiliaanse nasionale rugbyspan - Britse en Ierse Leeus - Jenson Button - Chileense nasionale rugbyspan - Duitse nasionale krieketspan - Duitse nasionale rugbyspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Lewis Hamilton - Hongkongse nasionale krieketspan - Hongkongse nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Keniaanse nasionale rugbyspan - Koreaanse nasionale rugbyspan - Krieket - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nederlandse nasionale rugbyspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Spaanse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2016 - T20I-wêreldbeker 2021 - T20I-wêreldbeker 2022 - T20I-wêreldbeker 2024 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Ugandese nasionale krieketspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Biologie

Seekoei
Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Bonobo - Buffel - Diabetes - Dier - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Hidroponika - Homo erectus - Homo ergaster - Jagluiperd - Javaanse tier - Kaapse luiperd - Kambriese ontploffing - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Oorsprong van voëls - Pikkewyn - Plesiosauria - Poema - Pterosauria - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Senuweestelsel - Sesam - Slaap - Swangerskap - Tierluislang - Velociraptor - Veroudering - Wolf - Ysbeer


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies
Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Inferno (Dante) - Italiaans - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Misdaad en Straf - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal
'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Mia Farrow - Frankenstein - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Auguste Rodin - Jack Sparrow - Steven Spielberg - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Spider-Man - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Tuin van Wellus - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol - Wat Phra Kaew


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus
Saturnus

101955 Benoe - Aarde - Alpha Centauri - Andromeda-sterrestelsel - Apollo 8 - Apollo 13 - Asteroïde - Buiteaardse lewe - Ceres - Driehoeksterrestelsel - Dwergplaneet - Europese Suidelike Sterrewag - Geostasionêre wentelbaan - Heliosfeer - Hubble-ruimteteleskoop - Iapetos - James Webb-ruimteteleskoop - Jupiter - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mariner 4 - Mars - Melkweg - Mercurius - Meteoriet - Neptunus - Opsporing van eksoplanete - Pioneer 11 - Planetêre bewoonbaarheid - Pluto - Proxima Centauri - Ruimtebotsing - Sagittarius A* - Saturnus - Son - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Titaan - Triton - Uranus - Uranus se ringe - Venus - Veranderlike ster - Waarneembare heelal


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin
Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Anonymous (kollektief) - Apple Inc. - Binnebrandenjin - Charlotte Douglas Internasionale Lughawe - Concorde - Delta Air Lines - Differensiaalrekening - Doebai Internasionale Lughawe - Galileo Galilei - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Maria Goeppert-Mayer - Goud - Hardeskyf - Hernubare energie - Jaar - Kalium - Kamera - Karoo-supergroep - Kunsmatige algemene intelligensie - Laser - Manhattan-projek - Miami Internasionale Lughawe - Newark Liberty Internasionale Lughawe - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Portland Internasionale Lughawe - Qantas - James Randi - San Francisco Internasionale Lughawe - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Edward Teller - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Turboskroef - Uraan - Virgin Australia - Wankelenjin - Waterstof - Wright-broers - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019Voorbladartikels 2020Voorbladartikels 2021Voorbladartikels 2022Voorbladartikels 2023Voorbladartikels 2024Voorbladartikels 2025Voorbladartikels 2026




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.