Gaan na inhoud

Uranus se natuurlike satelliete

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die verhouding in grootte van Uranus en sy grootste ses mane, van links Puck, Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon.

Uranus, die sewende grootste planeet in ons sonnestelsel, het 27 bekende mane, wat almal genoem is na karakters uit die werke van William Shakespeare en Alexander Pope.[1] William Herschel het die eerste twee mane, Titania en Oberon, in 1787 ontdek. Nog mane is in 1851 deur William Lassell en in 1948 deur Gerard Kuiper ontdek.[1] ’n Paar van die groot mane het planetêre massa, wat beteken hulle sou planete gewees het as hulle op hul eie om die son gewentel het. Nog mane is van 1985 af ontdek, óf deur Voyager 2 óf deur middel van gevorderde teleskope op aarde.

Uranus se mane word in drie groepe verdeel: 13 binneste, 5 groot en 9 onreëlmatige mane. Die binneste mane is klein, donker voorwerpe met dieselfde eienskappe en oorsprong as Uranus se ringe. Die groot mane is groot genoeg om hidrostatiese balans te bereik het, en vier van die vyf wys tekens van inwendig-gedrewe prosesse soos canyon-formasies en vulkane op hul oppervlak. Die grootste een van die vyf, Titania, is 1 578 km in deursnee en die agtste grootste maan in die sonnestelsel – dit is sowat 20 keer so groot soos die Aarde se maan. Die onreëlmatige mane is in wentelbane ver van die planeet af.

Uranus se mane

[wysig | wysig bron]
Sleutel
¡
Binnemane
 

Groot mane
 

Onreëlmatige mane (retrograad)
±
Onreëlmatige mane (prograad)

Die mane word gelys volgens wentelperiodes, van kort tot lank. Mane wat groot genoeg is dat hulle swaartekrag hulle rond gedruk het, is in vet druk en het ’n ligblou agtergrond. Onreëlmatige mane met ’n prograde wentelbaan (in dieselfde rigting as Uranus s’n) het ’n liggrys agtergrond en dié met ’n retrograde wentelbaan (in ’n teenoorgestelde rigting) het ’n donkergrys agtergrond.

Volgorde Romeinse
syfer
Naam Foto Deursnee
(km)
Massa
(×1016 kg)
Halwe
lengteas
Wentelperiode
(dae)
Inklinasie
(°)
Ontdek in Ontdekker
1VI¡Cordelia40 ± 6
(50 × 36)
0,04449 7510,3350340,084791986Richard J. Terrile
(Voyager 2)
2VII¡Ophelia43 ± 8
(54 × 38)
0,05353 7640,3764000,10361986Terrile
(Voyager 2)
3VIII¡Bianca51 ± 4
(64 × 46)
0,09259 1650,4345790,1931986Bradford A. Smith
(Voyager 2)
4IX¡Cressida80 ± 4
(92 × 74)
0,3461 7660,4635700,0061986Stephen P. Synnott
(Voyager 2)
5X¡Desdemona64 ± 8
(90 × 54)
0,1862 6580,4736500,111251986Synnott
(Voyager 2)
6XI¡Juliet94 ± 8
(150 × 74)
0,5664 3600,4930650,0651986Synnott
(Voyager 2)
7XII¡Portia135 ± 8
(156 × 126)
1,766 0970,5131960,0591986Synnott
(Voyager 2)
8XIII¡Rosalind72 ± 120,2569 9270,5584600,2791986Synnott
(Voyager 2)
9XXVII¡Kupido~180,003874 8000,6180,12003Mark R. Showalter en
Jack J. Lissauer
10XIV¡Belinda
90 ± 16
(128 × 64)
0,4975 2550,6235270,0311986Synnott
(Voyager 2)
11XXV¡Perdita30 ± 60,01876 4200,63801999Erich Karkoschka
(Voyager 2)
12XV¡Puck
162 ± 42,9086 0040,7618330,31921985Synnott
(Voyager 2)
13XXVI¡Mab
~250,0197 7340,9230,13352003Showalter en
Lissauer
14VMiranda
471,6 ± 1.4
(481 × 468 × 466)
65,9 ± 7,5129 3901,4134794,2321948Gerard P. Kuiper
15IAriel
1 157,8 ± 1,2
(1162 × 1156 × 1155)
1 353 ± 120191 0202,5203790,2601851William Lassell
16IIUmbriel
1 169,4 ± 5,61 172 ± 135266 3004,1441770,2051851Lassell
17IIITitania
1 576,8 ± 1,23 527 ± 90435 9108,7058720,3401787Herschel
18IVOberon
1 522,8 ± 5,23 014 ± 75583 52013,4632390,0581787Herschel
19XXIIFrancisco~220,00724 276 000−266,56147,4592003 (gesien in 2001)Matthew J. Holman et al.
20XVICaliban~720,257 231 000−579,73139,8851997Brett J. Gladman et al.
21XXStephano~320,0228 004 000−677,37141,8731999Gladman et al.
22XXITrinculo~180,00398 504 000−749,24166,2522001Holman et al.
23XVIISycorax~1502,3012 179 000−1288,28152,4561997Philip D. Nicholson et al.
24XXIII±Margaret~200,005414 345 0001687,0151,4552003Sheppard en
Jewitt
25XVIIIProspero~500,08516 256 0001 978,29146,0171999Holman et al.
26XIXSetebos~480,07517 418 000−2225,21145,8831999John J. Kavelaars et al.
27XXIVFerdinand~200,005420 901 000−2 805,51167,3462003Holman et al.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature (in Engels). USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2009. Besoek op 6 Augustus 2006.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]