Swaarddraer
| Swaarddraer | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Animalia |
| Filum: | Chordata |
| Klas: | Actinopterygii |
| Orde: | Cyprinodontiformes |
| Familie: | Poeciliidae |
| Genus: | Xiphophorus |
| Spesie: | X. hellerii |
| Binomiale naam | |
| Xiphophorus hellerii Heckel, 1848 | |
Die Swaarddraer (Xiphophorus hellerii) is 'n varswater vis wat inheems is aan suidelike Meksiko en Honduras. In Suid-Afrika kom hulle in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Otjikotomeer in Namibië voor. In Engels staan die vis bekend as Swordtail.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis het 'n kenmerkende lang dorsale vin, die manlike gonopodium en die verlengde onderste gedeelte van die stertvin - die sogenaamde swaard. Die kleur van die vis varieer, die mees bekendste variasie soos gevind in akwariums is oranje-rooi met 'n swart omlynde swaard. Die visse wat in die natuur voorkom het 'n bruin streep op die rug, helder groen-oranje streep op die lyf en 'n helder groen-swart omlynde swaard. Die wyfie se kleure is nie so helder as die mannetjie s'n nie. Die mannetjie word 80 mm en die wyfie 120 mm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die verkies warmer en stil waters om in te leef, 20 - 26 °C en te broei. Hulle vreet klein water ongewerweldes. Die vis is 'n hermafrodiet, die groot wyfies kan mannetjies word.
Trivia
[wysig | wysig bron]Die vis is die eerste keer in 1974 in die natuur in Suid-Afrika opgemerk, vermoedelik afkomstig van visse wat uit akwariums vrygelaat is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Xiphophorus helleri. |
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
- Froese, Rainer, en Daniel Pauly, eds. (2004). "Xiphophorus hellerii" in FishBase. Oktober 2004-weergawe.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir swaarddraer.