Gaan na inhoud

Strauss

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Strauss
'n Volstruis as simbool van die dorp Strausberg
UitspraakAfrikaans: straʊs
Duits: ʃtʁaʊs[1]
Oorsprong
Woord/naamMiddelhoogduits van Ouhoogduits strūz
Streek van oorsprongGermanië
Ander name
Variante vormeStrauß, Struz, Strutz, Straus, Strause, Struys, Struijs, Struis, Straussman, Strausman

Strauss, Strauß of Straus is 'n algemene Germaanse van. Buite Duitsland en Oostenryk word Strauß gewoonlik as Strauss geskryf (die letter "ß" word nie in die Duitssprekende gedeelte van Switserland gebruik nie). In klassieke musiek verwys "Strauss" gewoonlik na Richard Strauss of Johann Strauss II.

Die van word vir ten minste een duisend jaar reeds deur families in die Germaanse area gebruik. Die opperheer van Gröna gebruik byvoorbeeld die naam Struz en gebruik die afbeelding van 'n volstruis as sy simbool. Voorbeelde hiervan kan vandag nog op die duisend-jaar-oue kerkklok van daardie dorp gesien word.[2] "Struz" of "Strutz" is die Noord-Duitse vorm van die woord "Strauss", wat die moderne Duitse woord vir volstruis is.

Van die eerste Joodse draers van die van kom van die Joodse kwartier in Frankfurt tydens die Middeleeue, waar families volgens die naam van die huise wat hulle bewoon het, geken is.[3] Al die huise het name gehad en daaronder was die huis Strauß wat ook 'n afbeelding van 'n volstruis aan die voorkant gehad het.[4]

Nadat Napoleon in 1808 vanne verpligtend vir belastingdoeleindes gemaak het, het meer Joodse families besluit om die van Straus(s) aan te neem.[5]

Noemenswaardige mense

[wysig | wysig bron]

Ander gebruike

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Wells, John C. (2008), Longman Pronunciation Dictionary (3rd ed.), Longman, ISBN 9781405881180
  2. Schubart, Friedrich Winfried (1896). "Die Glocken im Herzogtum Anhalt". Dessau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 6 April 2014.
  3. "Jewish Personal Names". Besoek op 6 April 2014.
  4. "Infobank Judengassse Frankfurt am Main". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2013. Besoek op 6 April 2014.
  5. "Straus". Besoek op 6 April 2014.

Sien ook

[wysig | wysig bron]