Gaan na inhoud

Russiese Mag van Onbemande Stelsels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die embleem van die Russiese Mag van Onbemande Stelsels.

Die Russiese Mag van Onbemande Stelsels (Russies: Войска беспилотных систем [ВБС], getranslitereer: Woiska bespilotnich sistem [WBS]) is 'n tak van die Russiese Gewapende Magte, toegewy aan hommeltuigoorlogvoering. Die tak is op 12 November 2025 gestig.[1]

Die onbemandestelselmag voer hommeltuigoorlogvoering uit met behulp van onbemande militêre hommeltuie op land, see en in die lug. Die stigting van die WBS is 'n formele erkenning deur die Russiese weermag van die sentraliteit van hommeltuigoorlogvoering en outonome stelsels in hedendaagse konflikte,[2] sowel as Moskou se pogings om opleiding, magstruktuur, ontwikkeling en voorsiening met betrekking tot hommeltuigoorlogvoering te herorganiseer.[3]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die idee om 'n aparte militêre tak van die Russiese weermag te stig wat toegewy is aan onbemande stelsels dateer terug na 16 Desember 2024. Die minister van verdediging, Andrei Belojoesof, het by daardie geleentheid verklaar dat die tak in die derde kwartaal van 2025 gestig sou word,[3] met 'n omvang wat verder strek as die onbemande lugvoertuie (UAV).[4] In Junie 2024 het Oekraïne reeds sy eie onbemandestelselmag geskep, aangesien hommeltuigoorlogvoering 'n sentrale faset van die Russies-Oekraïense oorlog geword het.[5]

Volgens die Instituut vir die Studie van Oorlog het Rusland reeds teen die einde van Januarie 2025 begin om afsonderlike militêre hommeltuigeenhede te skep,[6] met die eerste hommeltuigregiment wat by die 2025 Moskou-oorwinningsdagparade vertoon is.[7] In Junie 2025 het die Russiese president Wladimir Poetin 'n beroep gedoen op 'n vinnige ontwikkeling van die onbemandestelseltak.[8][9]

Op 12 November 2025 het die adjunkhoof van die Mag van Onbemande Stelsels, kolonel Sergei Isjtoeganof, aangekondig dat die tak sy stigting voltooi het en ten volle operasioneel is.[1]

Volgens die Russiese militêre joernalis Dmitri Stesjin het die stigting van die mag vinniger plaasgevind as ander takke, nadat dit voortgebou het op die vordering wat deur die DPR en LPR Volksmilisie gemaak is.[10]

Sending

[wysig | wysig bron]

Die Konflik-intelligensiespan het voorgestel dat die nuwe tak verantwoordelik sou wees vir gesentraliseerde opleiding en voorsiening vir hommeltuigoperateurs, sowel as gevegsontleding en navorsing en die ontwikkeling van nuwe stelsels, terwyl die eenhede ondergeskik sou wees aan verskeie gewapendemagformasies.[11]

Struktuur

[wysig | wysig bron]
Vlag van die Onbemande Stelselmagte.

Volgens die Belojoesof is die mag 'n onafhanklike tak van diens: nie 'n volwaardige gewapende mag nie, maar steeds direk onder die algemene staf van die Gewapende Magte van die Russiese Federasie.[3][12] Vanaf November 2025 is die grootte van die tak geraam op ongeveer 10 000–20 000 dienspligtiges.[11] gelykstaande aan die lugmag en die strategiese vuurpylmag.[13]

Volgens kolonel Isjtoeganof sluit die WBS volledig georganiseerde regimente, eenhede en 'n aangewese bevelstruktuur in.[14] 'n Gespesialiseerde onderwysinstelling vir hierdie troepe gaan gestig word.[15] Die Sentrum vir Gevorderde Onbemande Tegnologieë "Rubicon" is die belangrikste eenheid van die tak.[16]

Aktiewe eenhede

[wysig | wysig bron]
  • 7de Afsonderlike Verkenningsregiment van Onbemande Stelsels[7]
  • 75ste Afsonderlike Regiment van Onbemande Stelsels[17]
  • 77ste Afsonderlike Regiment van Onbemande Stelsels [17]
  • Sentrum vir Gevorderde Onbemande Tegnologie "Rubicon"[16]
  • GROM "Cascade"[17]
  • Spesiale Doelwit Sentrum "Bars-Sarmat" (voorheen BARS Vrywilligersafdeling "Sarmat")[18][19]

Toerusting

[wysig | wysig bron]

Die mag is hoofsaaklik toegerus met onbemande lugvoertuie (beide FPV en veseloptiese hommeltuie), maar ook met onbemande stelsels op die grond en onbemande bote.[20]

Die WBS'e is ontwerp om verskillende tipes onbemande stelsels in 'n enkele organisatoriese struktuur te integreer, wat getaak is om verskeie gevegsendings uit te voer.[20]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 "Russia establishes Unmanned Systems Forces". TASS. 12 November 2025. Besoek op 12 November 2025.
  2. McDermott, Roger N. (20 Junie 2025). "Russia's New Unmanned Systems Forces and the Strategic Role of DKO Weapons". www.saratoga-foundation.org (in Engels). The Saratoga Foundation. Besoek op 12 November 2025.
  3. 1 2 3 Hardie, John (20 Desember 2024). "Russia announces plans to form Unmanned Systems Forces". FDD's Long War Journal. Besoek op 12 November 2025.
  4. Piccioli, Lorenzo; Pili, Giangiuseppe (27 November 2025). "The Russian USV era dawns". euro-sd.com. European Security & Defence. Besoek op 27 November 2025.
  5. Alexander Khrebet (11 Junie 2024). "'We set a precedent.' Ukraine officially presents Unmanned Systems Forces" (in Engels). The Kyiv Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2024. Besoek op 11 Junie 2024.
  6. Diakonov, Ivan (29 Januarie 2025). "Russia creates separate regiments of unmanned systems to strengthen its army – ISW". Ukrainska Pravda (in Engels). Besoek op 12 November 2025.
  7. 1 2 Shumlianskyi, Dmytro (11 Mei 2025). "Russians Completes Formation of First UAV regiment, Presents it at May 9 Parade". Militarnyi. Besoek op 12 November 2025.
  8. "Russia's Putin calls for quick development of drone forces". Reuters. 13 Junie 2025. Besoek op 12 November 2025.
  9. Staalesen, Atle (13 Junie 2025). "Drone troopers are established as separate branch of Russia's armed forces". The Barents Observer.com. Besoek op 12 November 2025.
  10. Steshin, Dmitry (1 Desember 2025). "Фанаты неба и дронов с горящими глазами: Первый репортаж изнутри нового рода войск, изменившего ход СВО" [Sky and drone enthusiasts with glowing eyes: The first report from inside the new branch of the military that changed the course of the Central Military District]. Komsomolskaya Pravda (in russian). Besoek op 1 Desember 2025.{{cite news}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  11. 1 2 "Коррупционный полк. В России вновь заговорили о создании войск беспилотных систем. Зачем эта структура понадобилась российским властям и будет ли она работать" [Corruption Regiment. Russia is once again talking about creating unmanned systems troops. Why do Russian authorities need this structure, and will it work?]. Новая газета Европа. 15 November 2025. Besoek op 16 November 2025.
  12. Rezrchikov, Andrey; Jerelievsky, Boris (14 November 2025). "Drones have changed the structure of the army and military heraldry". ВПК.name (in Engels). Besoek op 16 November 2025.
  13. "Unmanned Systems Troops (Voysk Bespilotnykh Sistem VBS)". www.globalsecurity.org. Besoek op 30 November 2025.
  14. Zakharchenko, Kateryna (12 November 2025). "Russia Launches New Drone Warfare Branch to Boost Unmanned Forces". Kyiv Post. Besoek op 12 November 2025.
  15. Telezhnikov, Ihor (12 November 2025). "Russia has completed the formation of UAV troops: command bodies, regiments, and units have been announced". Ukrainian National News (UNN) (in Engels). Besoek op 12 November 2025.
  16. 1 2 "Russian drone troops nearly fully operational - deputy commander". BigNewsNetwork. 12 November 2025. Besoek op 12 November 2025.
  17. 1 2 3 Volzhsky, Ilya; Kanevskaya, Sofia (15 November 2025). "Коррупционный полк. В России вновь заговорили о создании войск беспилотных систем. Зачем эта структура понадобилась российским властям и будет ли она работать" [The Corruption Regiment. In Russia, they again talked about the creation of troops of unmanned systems. Why this structure was needed by the Russian authorities and whether it will work]. Новая газета Европа (in Russian). Besoek op 17 November 2025.{{cite news}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  18. "БАРС-САРМАТ – Центр специального назначения". bars-sarmat.ru (in Russian). Besoek op 16 November 2025.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  19. Oleynik, Svetlana (25 Maart 2025). "Отряд "Сармат" преобразован в Центр специального назначения - Рогозин" [The Sarmat detachment has been transformed into a special forces center, according to Rogozin.]. Глас Народа (in Russies). Besoek op 16 November 2025.
  20. 1 2 Salo, Ivan (28 November 2025). "Войска беспилотных систем: что это за новый род войск и зачем его создали". РБК (in Russies). Besoek op 30 November 2025.