Portaal:Rusland
Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens
|
Welkom by die Rusland-portaal |
|
|
Привет! Die Russiese Federasie (Russies: Российская Федерация) lê gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië. Die land se geskiedenis begin - net soos dié van Oekraïne en Wit-Rusland - in die 9de eeu met die stigting van die eerste Oos-Slawiese ryk, Kiëf-Roes. Dié het later verbrokkel en in talle klein feodale state verdeel. Die belangrikste hiervan was die Groothertogdom van Moskou, of Moskowië – dit het mettertyd die omringende Russiese prinsdomme herenig en die plek van Kiëf-Roes ingeneem. Teen die 18de eeu het die land uitgebrei tot die groot Russiese Ryk, wat gestrek het van Pole tot die Stille Oseaan. In die 20ste eeu het Rusland as die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) die kern gevorm van die Sowjetunie, wat saam met die Verenigde State van Amerika een van die wêreld se twee supermoondhede was. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig. Met sy oppervlakte van 17 098 242 km² is dit die grootste land ter wêreld. | |
|
Sterartikel |
|
|
Iwan IV Wasiljewitsj (Russies: Иван IV Васильевич) (25 Augustus 1530 - 18 Maart 1584) was van 1533 tot 1547 grootprins van Moskowië en van 1547 tot met sy dood die eerste amptelike tsaar van Rusland. Hy is beter bekend as Iwan die Verskriklike (Russies: Иван Грозный, letterlik Iwan die Ontsagwekkende of Formidabele). Iwan se bewind is gekenmerk deur Rusland se oorgang van 'n Middeleeuse staat tot 'n ryk, maar teen 'n ontsaglike prys vir sy volk en vir die land se ekonomie op lang termyn. Iwan was die oudste seun van Wasili III by sy tweede vrou, Jelena Glinskaja, en 'n kleinseun van Iwan III. Hy het sy pa ná dié se dood opgevolg toe hy drie jaar oud was. 'n Groep hervormers het in 1547 om Iwan byeengekom en hom as tsaar gekroon toe hy 16 jaar oud was. In die vroeë jare van sy bewind het Iwan saam met 'n groep hervormers bekend as die Verkose Raad regeer en die Zemski Sobor as 'n nuwe vergadering gestig. Hy het ook die regskode hersien en hervormings ingestel, insluitende elemente van plaaslike selfregering. Verder het hy die eerste Russiese staande mag, die streltsi, gestig. Iwan het die khanate Kazan en Astrachan verower en Rusland se gebied aansienlik uitgebrei. Nadat hy sy mag gekonsolideer het, het Iwan ontslae geraak van sy raadgewers in die Verkose Raad en die Lyflandse Oorlog van 1558 tot 1583 begin. Dit het Rusland verwoes weens 'n onvermoë om beheer oor Lyfland te neem en die verlies van Ingermanland, maar hom in staat gestel om groter outokratiese beheer oor die Russiese adel te kry. Hy het dit gewelddadig reggekry met behulp van Rusland se eerste politieke polisie, die opritsjniki. Die latere jare van Iwan se bewind is gekenmerk deur die slagting van Nowgorod en die afbrand van Moskou deur die Tartare. Iwan het ook kulturele verbeterings aangebring, soos die invoer van die eerste drukpers, en verskeie prosesse begin wat vir eeue sou duur, soos die verbetering van bande met ander Europese state, veral Engeland, oorloë teen die Ottomaanse Ryk en die geleidelike oorwinning van Siberië. Kontemporêre bronne het uiteenlopende menings van Iwan se komplekse persoonlikheid gegee. Hy is beskryf as intelligent en toegewy, maar ook geneig tot paranoia, woede en oomblikke van geestelike onstabiliteit, wat met die ouderdom vererger het. Historici glo hy het sy oudste seun en erfgenaam, Iwan Iwanowitsj, in 'n woedeaanval vermoor, en hy was dalk ook verantwoordelik vir die miskraam van laasgenoemde se ongebore kind. Dit het veroorsaak dat sy jongste seun, die polities onbekwame Fjodor Iwanowitsj, die troon geërf het – 'n man wie se bewind en kinderlose dood regstreeks gelei het tot die einde van die Rjoerik-dinastie en die begin van die Tyd van Beroeringe. | |
|
Het jy geweet? |
|
| |
|
Plekke om te verken |
|
|
Amoer • Anzjoe-eilande • Astrachan • Baikalmeer • Beloselski-Belozerski-paleis • Beslan • Chabarofsk • Dnjepr • Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei • Hermitage • Jaroslawl • Jekaterinburg • Kaliningrad • Kazan • Kemerowo • Kerk van die Verlosser op Bloed • Kizji • Koerile • Koerse Skoorwal • Krasnodar • Krasnojarsk • Mariinski-paleis • Moskou • Newarivier • Nieu-Siberiese Eilande • Nizjni Nowgorod • Nowosibirsk • Omsk • Perm • Petropawlofsk-Kamtsjatski • Poesjkin • Rostof aan die Don • Russiese Verre-Ooste • See van Azof • See van Ochotsk • Sewe Susters van Moskou • Siberië • Sint Basilius-katedraal • Sint Petersburg • Smolensk • Solowjetski-eilande • Sotsji • Swartsee • Tjoemen • Tobolsk • Tsarskoje Selo • Weliki Nowgorod • Wladiwostok • Wolga • Wolgograd | |
|
Sterfoto |
|
|
'n Lugfoto van Peterhof, of Petergof, naby Sint Petersburg, Rusland. Dit is deur Pieter die Grote laat bou en word soms die "Russiese Versailles" genoem. Vir meer oor die Cyrilliese alfabet en transliterasie in Afrikaans, klik hier. | |
|
Aanhaling |
|||
| |||
|
Rusland-kategorieë |
|
|
Adel • Argitektuur • Dorpe en stede • Federale deelgebiede • Geografie • Geskiedenis • Godsdiens • Heiliges • Instellings • Kultuur • Maatskappye • Mense • Oosters-Ortodokse Kerk • Politiek • Sowjetunie • Sport • Tale • Wapentuig • Wêrelderfenisgebiede | |
