Gaan na inhoud

Plataanboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Plataanboom
Blare en vrugte van 'n Londense plataanboom
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Platanaceae
Genus: Platanus
L.
Spesies

Sien hieronder

'n Plataanboom in Trsteno, naby Dubrovnik, Kroasië
Die ryp vrug van 'n plataanboom

Die Plataanboom of Platanus [1]) is 'n genus bestaande uit 'n klein aantal boomspesies wat inheems is aan die Noordelike Halfrond. Die boom is die enigste lewende lid van die familie Platanaceae.

Die volwasse bome bereik 'n hoogte van 30–50 m (98–164 ft). Almal behalwe Platanus kerrii is bladwisselend, en die meeste bome word gevind in ripariese of ander vleiland habitatte in die natuur, alhoewel die boom droogtebestand is in aankweking. Die hibriede Londense plataanboom (Platanus × acerifolia) is uitstekend aangepas vir stedelike omgewings, en is wyd aangeplant in Londen en elders in die Verenigde Koninkryk en Europa.

In Engels is die bome ook bekend as "planes" of "plane trees". 'n Naam wat voorheen in Engels gebruik is maar nou minder voorkom is plantain tree. Sommige Noord-Amerikaanse spesies staan bekend as sycamores (veral Platanus occidentalis),[2] alhoewel die term ook gebruik word vir verskeie onverwante boomspesies. Die genusnaam Platanus is afkomstig van die Oudgrieks πλάτανος, wat verwys na die Platanus orientalis.

Spesies

[wysig | wysig bron]

Die volgende is erkende spesies van die plataanboom:

Botaniese naamAlgemene nameVerspreiding en taksonomiese aantekeningeBlomkoppeSistematiek
Platanus × acerifolia (Aiton) Willd.

(sin. P. × hispanica Mill. ex Muenchh., P. hybrida)

Londense plataanboom, hibriede plataanboomWêreldwyd, aangekweekte oorsprong;

hibried van P. occidentalis en P. orientalis

1–6Subgenus Platanus;

interliniêre hibried of baster

Platanus chiapensis Standl. IPNIChiapas-plataanMeksiko (Chiapas);

deel van P. mexicana spesie-aggregaat, waarskynlik 'n junior sinoniem van P. lindeniana

2–7Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus gentryi Nixon & J.M.Poole IPNI"Gentry's plane"Mexiko (drielandpunt-gebied van Chihuahua, Sinaloa en Sonora);

deel van die P. racemosa spesies aggregaat

?Subgenus Platanus,

PNA-E klade

Platanus kerrii Gagnep.Kerr se plataanLaos, Vietnam10–12Subgenus Castaneophyllum

J.-F.Leroy

Platanus mexicana Moric. sensu latoMeksikaanse plataanMeksiko, Guatemala;

in 'n eng sin sinoniem met P. mexicana var. interior Nixon & Poole, beperk tot Guanajuato, Hidalgo, Querétaro en San Luis Potosí, en van hibriede oorsprong

s.l.: 1–7

s.str: 1–3

Subgenus Platanus.

ANA klade

Platanus lindeniana syn Platanus Occidentalis var LindenianaM.Martens & Galeotti IPNI Meksiko (Chiapas, Hidalgo, Puebla, Oaxaca, Veracruz), Guatemala;

deel van P. mexicana spesies aggregaat, sinoniem met P. mexicana var. mexicana volgens Nixon & Poole

(1–)2–5(–7) Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus oaxacana Standl.Oaxaca-plataanMeksiko (Oaxaca); deel van die P. mexicana spesies aggregaat,

junior sinoniem van P. lindeniana of afsonderlike spesie

2–4Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus occidentalis L."American sycamore", Amerikaanse plataan, "buttonwood", "occidental plane", "water beech"Kanada (Ontario), Verenigde State1–2Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus palmeri (Kuntze) ined.Meksiko (Coahuila) en Verenigde State (Texas)1–2Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus rzedowskii Nixon & J.M.Poole IPNIRzedowski se plataan, "Rzedowskii's sycamore"Meksiko (Nuevo León, San Luis Potosí, Tamaulipas)1–2Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus orientalis L.Oosterse plataanEurasië3–6Subgenus Platanus

PNA-E klade

Platanus racemosa Nutt."California sycamore", "western sycamore", "aliso"Verenigde State (Kalifornië), Meksiko (Neder-Kalifornië)3–7Subgenus Platanus

PNA-E klade

Platanus wrightii S.Watson"Arizona sycamore"Verenigde State (Arizona, Nieu-Meksiko), Meksiko (Sonora, Chihuahua);

deel van die P. racemosa spesies aggregaat

2–4Subgenus Platanus

PNA-E klade

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Sunset Western Garden Book 1995.
  2. Merriam Webster.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]