Orde van Luthuli
Die Orde van Luthuli is ‘n Suid-Afrikaanse eremedalje wat die president kan toeken aan ‘n Suid-Afrikaanse burger as blyk van waardering vir die persoon se betekenisvolle bydrae tot die ontwikkeling van ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing.
Hierdie ereteken kan in goud, silwer of brons wees. Dit toon ‘n gelykbenige driehoek wat ‘n vuurklip oor ‘n kleipot voorstel, ‘n afbeelding van die opkomende son oor ‘n heuwel wat verwys na die Slag van Isandlwana en twee horings met die letters AL. Onder die erdepot is versiersels met onder andere ‘n luiperdmotief. Op die verso verskyn die landswapen. Met ‘n roomkleurige lint, waarin die letters AL en afbeeldings van ‘n vuurklip geweef is, word dit om die nek gedra.
Die onderskeidingsteken dra die naam van Albert Luthuli en die eerste toekenning is in 2003 gemaak.