Laura Chinchilla
| Laura Chinchilla | |
Laura Chinchilla, ca. 2010 | |
46ste President van Costa Rica | |
| Ampstermyn 8 Mei 2010 – 8 Mei 2014 | |
| Vise | Alfio Piva Luis Liberman |
|---|---|
| Voorafgegaan deur | Óscar Arias |
| Opgevolg deur | Luis Guillermo Solís |
Eerste Adjunkpresident van Costa Rica | |
| Ampstermyn 8 Mei 2006 – 8 Oktober 2008 | |
| President | Óscar Arias |
| Voorafgegaan deur | Lineth Saborío Chaverri |
| Opgevolg deur | Alfio Piva |
President van Gemeenskap van Latyns-Amerikaanse en Karibiese Lande | |
| Ampstermyn 28 Januarie 2014 – 8 Mei 2014 | |
| Voorafgegaan deur | Raúl Castro |
| Opgevolg deur | Luis Guillermo Solís |
Minister van Justisie en Genade | |
| Ampstermyn 8 Mei 2006 – 8 Oktober 2008 | |
| President | Óscar Arias |
| Voorafgegaan deur | Patricia Vega Herrera |
| Opgevolg deur | Viviana Martín Salazar |
Minister van Openbare Veiligheid | |
| Ampstermyn 30 Maart 2008 – 14 April 2008 | |
| President | Óscar Arias |
| Voorafgegaan deur | Fernando Berrocal Soto |
| Opgevolg deur | Janina del Vecchio Ugalde |
| Ampstermyn 12 November 1996 – 8 Mei 1998 | |
| President | José María Figueres |
| Voorafgegaan deur | Bernardo Arce Gutiérrez |
| Opgevolg deur | Juan Rafael Lizano Sáenz |
Afgevaardigde van die Costa Ricaanse Wetgewende Vergadering | |
| Ampstermyn 1 Mei 2002 – 30 April 2006 | |
| Voorafgegaan deur | Guido Monge Fernández |
| Opgevolg deur | Evita Arguedas Maklouf |
Adjunkminister van Openbare Veiligheid | |
| Ampstermyn 8 Mei 1994 – 12 November 1996 | |
| President | José María Figueres |
| Opgevolg deur | Óscar Albán Chipsen |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | Laura Chinchilla Miranda 28 Maart 1959 San José, Costa Rica |
| Politieke party | Nasionale Bevrydingsparty (tot 2022) Onafhanklik (sedert 2022) |
| Eggenoot/-note | Mario Alberto Madrigal Díaz (1982–1985; geskei) José María Rico (2000–2019; sy dood) |
| Kind(ers) | 1 seun |
| Alma mater | Universiteit van Costa Rica Georgetown-universiteit |
| Handtekening | |
Laura Chinchilla Miranda (Spaans: [ˈlawɾa tʃinˈtʃiʝa miˈɾanda]; * 28 Maart 1959 in San José) is 'n Costa Ricaanse politoloog wat op 8 Mei 2010 as staatspresident van dié Sentraal-Amerikaanse land en opvolger van Óscar Arias ingesweer is. Sy is die eerste vrou wat hierdie amp beklee het en is op 8 Mei 2014 opgevolg deur Luis Guillermo Solís.

Laura Chinchilla is die dogter van Rafael Ángel Chinchilla Fallas wat tussen 1972 en 1987 as kontroleur en ouditeur-generaal van Costa Rica gedien het, en Emilce Miranda Castillo. Sy het politieke wetenskappe aan die Universiteit van Costa Rica gestudeer en 'n meestersgraad in openbare politiek aan die Georgetown-universiteit behaal.
Sy het haar politieke loopbaan as raadgewer vir regtelike en veiligheidsake in Latyns-Amerika en Afrika in verskillende internasionale organisasies begin. Sy was daarnaas spreker van 'n reeks internasionale forums vir openbare veiligheid en polisiekwessies. Tussen 1994 en 1996 het sy die amp van adjunkminister van justisie en tussen 1996 en 1998 dié van minister van openbare veiligheid beklee.
Ná die oorwinning van die PLN in die presidensiële verkiesing van 2006 is Laura Chinchilla as eerste adjunkpresident in die kabinet van president Óscar Arias benoem. Sy het in dié amp tot 8 Oktober 2008 waargeneem en daarna as kandidaat van haar party aan die verkiesingsveldtog vir die presidensiële verkiesing van 2010 deelgeneem. Sy het 47 persent van die uitgebragte stemme gekry, teenoor 'n stemaandeel van slegs 25 persent vir die linkse kandidaat Ottón Solís.
Laura Chinchilla is getrou en het 'n seun.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Laura Chinchilla.