Gaan na inhoud

Antlia II-dwergsterrestelsel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Antlia II
'n Illustrasie
'n Illustrasie
Soort stelselDwergsterrestelsel
SterrebeeldLugpomp
TipeIrr-T
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming9h 35m 32.832s[1]
Deklinasie-36° -46m -2.28s[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar)405 000[2]
Skynbare grootte 11 000 lj
Ander nameAntlia 2, Ant 2, Ant II, UGC 49743, CGCG 49794-49.4794
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Antlia II (ook Antlia 2 of Ant II) is 'n dwergsterrestelsel met 'n lae oppervlakhelderheid en 'n satelliet-sterrestelsel van die Melkweg. Dit beslaan 1,26° in die lug net suidoos van die ster Epsilon Antliae. Dit is net so groot soos die Groot Magellaanse Wolk, al is dit 1/10 000 so helder. Antlia II het die laagste oppervlakhelderheid van enige sterrestelsel wat al ontdek is.[3]

Die grootte van die sterrestelsel dui aan dis besig om ontwrig te word en verander tans in 'n sterrestroom.[4] Die suidoostekant van Antlia II is verder van ons as die noordwestekant, moontlik vanweë die gety-ontwrigting.[2] Die sterrestelsel is in November 2018 ontdek met behulp van die ESA se Gaia-ruimtetuig.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 Torrealba, G.; Belokurov, V.; Koposov, S. E.; Li, T. S.; Walker, M. G.; Sanders, J. L.; Geringer-Sameth, A.; Zucker, D. B.; Kuehn, K.; Evans, N. W.; Dehnen, W. (2019). "The hidden giant: Discovery of an enormous Galactic dwarf satellite in Gaia DR2". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 488 (2): 2743–2766. arXiv:1811.04082. Bibcode:2019MNRAS.488.2743T. doi:10.1093/mnras/stz1624. S2CID 118867213.
  2. 1 2 Vivas, A. Katherina; Martínez-Vázquez, Clara E.; Walker, Alistair R.; Belokurov, Vasily; Li, Ting S.; Erkal, Denis (2022). "Variable Stars in the Giant Satellite Galaxy Antlia 2". The Astrophysical Journal. 926 (1): 78. arXiv:2112.08467. Bibcode:2022ApJ...926...78V. doi:10.3847/1538-4357/ac43bd. S2CID 245219267.
  3. "ESA's Gaia Spacecraft Spots Ghost Galaxy Lurking In Milky Way's Outskirts". Forbes. Besoek op 20 November 2018.
  4. Ji, Alexander P.; Koposov, Sergey E.; Li, Ting S.; Erkal, Denis; Pace, Andrew B.; Simon, Joshua D.; Belokurov, Vasily; Cullinane, Lara R.; Da Costa, Gary S.; Kuehn, Kyler; Lewis, Geraint F.; MacKey, Dougal; Shipp, Nora; Simpson, Jeffrey D.; Zucker, Daniel B.; Hansen, Terese T.; Bland-Hawthorn, Joss; S5 Collaboration (2021). "Kinematics of Antlia 2 and Crater 2 from the Southern Stellar Stream Spectroscopic Survey (S 5)". The Astrophysical Journal. 921 (1): 32. arXiv:2106.12656. Bibcode:2021ApJ...921...32J. doi:10.3847/1538-4357/ac1869. S2CID 235624056.{{cite journal}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link)

Skakels

[wysig | wysig bron]